Testimonials
------------------------------------------------------
Middag Riaan,
Ek hoop dit gaan goed. Beste wense ook vir 2009.
Die eerste maand van die nuwe jaar is al verby en Kersfees nog verder weg maar ek wil tog vir jou weer baie dankie sê dat jy oor die Kerstyd na ons honde omgesien het. Dit was regtig gerustellend om te weet iemand met verantwoordelikheid sien toe dat die diere versorg is en ook net daardie oog gooi oor die huis om te sien of alles nog in orde is.
Van die begin af was ek verras deur jou tydige oproepe en e-posse terwyl ons besonderhede gereël het. En natuurlik seker die belangrikste dat jy 'n sms gestuur het elke keer wat jy by die huis was. Baie, baie dankie. Ons sal beslis weer van jou dienste gebruik maak indien nodig. As jy dalk 'n spesifieke advertensie vir jou dienste het, kan jy dit gerus aanstuur sodat ek dit in ons weekblad kan laat publiseer.
Op 'n ander noot: Lindie die boerboel, het longkanker en volgens die veearts slegs 'n paar maande om te leef. Dit is natuurlik die tragedie van troeteldiere.
Alles van die beste en nogmaals baie dankie
Rina du Toit
Val de Grace
------------------------------------------------------
web design by o5webdesign